Donkerhoek Verkenners

Donkerhoek Verkenners

Thursday, November 24, 2011

Wessel Burger!


Maande se gestoei in die howe van die Regime het uiteindelik vrugte afgewerp toe ‘n uitsettingsbevel toegestaan is teen Wessel Burger op 7 September 2011. Die landdroshof vir die distrik Cullinan het gelas dat die perseel voor of op 23 September 2011 om 16h00 ontruim moet word. Die hof het ook ‘n kostebevel teen Mnr Burger ingestel en gevolglik is hy ook verantwoordelik vir KBK se regskostes.
  Eie aan Mnr Burger se gewoonte om enige vorm van gesag te verwerp, het hy ook hierdie hofbevel geïgnoreer en het hy nie op die genoemde datum die perseel ontruim nie. Gevolglik is die hulp van die balju in geroep en op ‘n helder sonskyn dag is Mnr Burger se besittings van die perseel verwyder en langs die groot pad afgelaai. Vir dae het Wessel se gemors langs die pad naby die hoewes gelê wat baie onooglik was.  Die Verkenners het hom geskakel en gevra hy moet die gemors verwyder.  Na nog ‘n dag of twee het die Verkenners gegaan en die gemors gaan optel en by die asgate afgooi.  Tussen al die gemors het die Verkenners ook die lot sleutels gekry...






Mnr Burger was klaarblyklik hewig ontsteld oor hierdie toedrag van sake en het wraak gesweer teen lede van die Verkenners wie hy nou persoonlik verantwoordelik hou vir die feit dat hy verwyder is van Kleinfontein. Dit blyk dat Mnr Burger verskeie persone gemotiveer het om valse klagtes by die SAP in te dien teen die lede, maar na die howe die belaglikheid van die klagtes ingesien het en die sake uit die hof gegooi het, het Mnr Burger hom beroep op die hulp van die lae-klas skinder-koerant Sondag, waar sy smeerveldtog voort gesit is.

Dit is gewoon so dat vir elke aksie daar ‘n reaksie is en gevolglik sal die Donkerhoek Verkenners regsadvies inwin indien Mnr Burger nie met sy laster staak nie. Daar is reeds ‘n saak van onregmatige arrestasie gemaak teen die SAP na een van die belaglike klagtes wat Mnr Burger gereël het by die SAP, die moontlikheid word ondersoek of Mnr Burger saam met die SAP finansieel verantwoordelik gehou kan word vir hierdie onregmatige arrestasie.

In tussen is Mnr Burger nie meer op die Hoewes nie en is die rustigheid en vrede herstel vir die inwoners van die Hoewes.    

No comments:

Post a Comment