Donkerhoek Verkenners

Donkerhoek Verkenners

Thursday, November 24, 2011

Clive vs. Mandela


Twee van die Donkerhoek Verkenners was onlangs prominent in die hoofstroom nuus gewees nadat hulle saam met vier ander Pretoria Verkenners 2 nagte in die Sunnyside se polisieselle aangehou is.  Ben Geldenhuys en Jan Beyers is saam met die ander aangekla vir openbare geweld, saakbeskadiging en ‘n oortreding van die Padverkeerswet.  Daar word beweer dat die Verkenners op die vooraand van die sogenaamde “Madiba” dag die straatname van Nelson Mandela straat gaan verander het na Clive Derby Lewis straat.
Oom Clive sit al vir jare in die tronk weens ‘n politieke misdaad wat hy gepleeg het.  Hy word keer op keer parool geweier en is besig om dood te gaan in die tronk.  Dit is ‘n skreiende skande en ons salueer enige iemand wat iets aan die saak probeer doen.

Oor die twee Donkerhoek Verkenners se tronk ervaring moet u liewers self by hulle hoor.  Ons kan wel se dat die manne kop omhoog en vol grappe by die selle uitgestap het, al het die polisie hulle elkeen alleen saam met ‘n spul misdadigers in aparte selle toegesluit.  Die Verkenners verskyn weer 5 Desember in die hof.

No comments:

Post a Comment