Donkerhoek Verkenners

Donkerhoek Verkenners

Thursday, November 24, 2011

Verkiesingsdag – FEESDAG!

Op die 24 September 2011, was die landswye VVK verkiesingsdag om ons eie Volksraad te verkies!
Groot opgewondenheid  is landswyd ervaar, vir die meeste van ons was dit die eerste keer dat ons gaan stem, ander  van ons het al jare gelede weggebly van die sogenaamde demokratiese verkiesings. En hier het ons die geleentheid  gehad om aan ’n Volksverkiesing deel  te neem!

Donkerhoek Verkenners is getaak deur die verkiesingkommissie van die VVK om ook hier op Kleinfontein ’n stempunt  te organiseer en te beman. Tipies van ’n Verkenner is hierdie uitdaging met ywer en lus aangepak .
Daar is toe ’n komitee saamgestel wat die dag moes organiseer en beplan, die komitee het besluit om van die geleentheid gebruik te maak om ook Kleinfontein te bemark. ’n Program is saamgestel vir die dag  en daar is toe volstoom aan die werk gespring!

Die eerste uitdaging was hoe gaan ons die gemeenskap van Kleinfontein betrek by hierdie poging? Daar is toe besluit dat ons ’n kermis atmosfeer op stemdag wil skep (onthou ons ouer mense  nog hoe lekker was stemdae in die verlede?) Instansies asook komitees hier op Kleinfontein is betrek , vir kos verkope asook stalletjies, beplanningsvergaderings is gehou, die dag is behoorlik deurtrap, daar is toe besluit dat elke kos stalletjie voorsiening moet maak vir 300 etes!  Die vraag is gevra of ons nie te optimisties  is nie!  Ons as inwoners op Kleinfontein het toe vir mekaar gesê ons aanvaar die uitdaging!  Die mikpunt was dat ons met behoorlike bemarking een duisend siele die dag hier kan hê.

Die volgende uitdaging was “hoe gaan ons die dag bemark”?  Die Republikeinse Vroue Beweging (RVB) het ingespring en baniere  met die hand geverf wat opgesit is by die Poorte, plakkate is bekom by VVK en opgesit, strooibiljette is gedruk en versprei van huis tot huis op Kleinfontein.

Daar het ‘n gevoel ontstaan dat bemarking  op ’n groter skaal aangepak moet word.  Hieruit is Kleinfontein Sakekamer gestig! (eerste op Kleinfontein) Onder leiding van Hendrik  Verwoerd (voorsitter) is daar pryse beding by Radio Pretoria, promosie gesprekke gevoer op die radio van besighede hier op Kleinfontein. Terug oor promosie gesprekke was deurgaans baie positief.

Daar is gevra of dit nie die ideale geleentheid  sal wees vir die oprigting en onthulling van die Verwoerd -borsbeeld  wat toe alreeds ’n geruime tyd onder ’n lap in die Gemeenskapsaal “gestoor” is nie. Die gedagte is ook positief deur die Gemeenskap ontvang en dadelik moes daar werk van gemaak  word omdat daar slegs twee weke beskikbaar was om alles te reël.  ’n Verwoerd borsbeeld komitee is aangewys en daar is aan die werk gespring en mense wat gereken het dat die twee weke  te min was se monde is gesnoer! 

Op die 24 September 2011 om 09:00 die oggend is die beeld onthul, op gepaste wyse, ook ’n eerste hier op Kleinfontein – hier was selfs ’n verbyvlug van vier vaste vlerk vliegtuie tydens die onthulling!

Terwyl al hierdie bedrywighede plaasgevind het op Kleinfontein , moes die hoofdoel van die dag ’n sukses wees naamlik dat ons nie moes vergeet om ook te gaan stem nie! Registrasie beamptes asook ander inwoners is nader getrek om die stem punt te organiseer en beman.

Vergaderings is gehou, die stem punt is beplan en alles was behoorlik in plek op stemdag,  Landswyd is hier op Kleinfontein die meeste   stemme uitgebring!
Langs hierdie weg baie dankie aan almal wat deel was van die GROOT sukses van die dag.
Ek is trots daarop om  deel van hierdie Volk te wees!
Soos die Verkenner slagspreuk sê ONS KAN , ONS WIL ,  ONS SAL!



No comments:

Post a Comment