Donkerhoek Verkenners

Donkerhoek Verkenners

Thursday, November 24, 2011

Volksmoord duur voort!


Die volksmoord wat tans teen ons volk gepleeg word is besig om landswyd al hoe meer opspraak te maak. 

Die internasionale waghond oor volksmoorde, Genocide Watch, het onlangs die moorde op ons volksgenote opgegradeer na ‘n vlak 6 volksmoord.  Daar is net 8 vlakke, waarvan vlak 8 ontkenning van die volksmoord is.  Vlak 6 word algemeen beskryf as die beplanning en organiserings fase  van ‘n beplande volksmoord.

In die koerante en in die nuus word ons daagliks oorspoel van berigte wat handel oor wrede moorde op ons volksgenote.  Wat kommerwekkend is, is die geweld wat gepaardgaan met die moorde.

Die nuutste tendens is dat daar spesifiek jong vrouens geteiken word, en dat daar hoofsaaklik met ‘n mes doodgesteek word.  Verkragting is ook algemeen.

In die Donkerhoek omgewing is ons nog gelukkig dat hier nie moorde plaasgevind het die afgelope paar maande nie.  Maar laat dit ons nie gerusstel nie!

Die Verkenners wil ‘n waarskuwing rig aan die gemeenskap.  Hier is tans ‘n nuwe bende wat in die omgewing opereer wat nie sal skroom om te moor nie.  Onlangs is ‘n bende van 4 mans met balaclavas en aanvalsgewere in die omgewing opgemerk deur die gemeenskap.   Al hoe meer inligting wat die V-Span ontvang dui daarop dat ‘n groep misdadigers nou vry rondloop in die aand en probeer breek en steel.  Kommerwekkend is dat die groep juis huis takel waar die inwoners teenwoordig is.

Sabotasie van ons omgewing word ook nie uitgesluit nie!  Die afgelope 3 maande is daar in die Pienaarspoort gebied twee gevalle gewees waar groot hoof kraglyne gesaboteer word sodat die elektrisiteit vir lang rukke af is.  Die doel daaroor kan ons net bespiegel, maar die Verkenners is oortuig daarvan dat dit is om ons mense weerloos in die donker te laat sodat hulle met hul bose planne kan voortgaan!

Wees wakker en gereed en praat met mede volksgenote oor die volksmoord wat besig is om gepleeg te word!

No comments:

Post a Comment