Eendag sal die Verkenners ‘n boek kan skryf oor al die wedervaringe tydens misdaad voorkoming aksies! In twee gevalle die afgelope paar maande was die V-Span in noue-ontkomings!
Die eerste geval was die gemeenskap per radio ingelig dat daar ‘n plaasaanval besig is om te gebeur. Die V-Span het toe langs ‘n ontvlugting roete stelling ingeneem om die kriminele te kan vang. Na 20 minute se wag kom die gewapende kriminele doodrustig aangestap.
Toe die kriminele die V-span opmerk, is daar dadelik op die V-span gevuur. Altesaam 28 skote is geskiet tussen die V-Span en die kriminele. Ons is dankbaar om te se dat geen een van die Verkenners getref is nie. Die Here se Genade was groot oor ons!
Dan het Kleinfontein vroeër die jaar gebuk gegaan onder 17 inbrake net in KBK. Die bende kriminele het sommer 2 of 3 maal per week toegeslaan en het die hele gemeenskap op hol gehad.
Na suksesvolle inligtinginsameling van die V-Span is daar min of meer bepaal wat die kriminele se ontsnappingsroete is. Na ‘n volgende inbraak het die V-span hulself gaan posisioneer juis by die ontsnappingsroete. Doodluiters het die kriminele tussen die eerste Verkenners ingestap gekom. Toe hulle die V-span lede gewaar, slaan hulle soos vlakhase op vlug. Een van die V-span lede was verder af in hul roete en het reggemaak om die een ‘n duikslag te gee.
Met die wat die V-span lid en die krimineel op mekaar afhardloop, sien die V-span lid dat die swart man met ‘n breekyster op hom afstorm. Hy het net betyds uit die pad gekom om die hou te mis. Die misdadiger het hard met die grond kennis gemaak, maar het ongelukkig wel geslaag daarin om weg te kom.
Die inbrake op Kleinfontein het dadelik opgehou en daar was nie weer ‘n geval nie!
Dit beklemtoon net weer die belangrikheid van voldoende opleiding en die feit dat die gemeenskap nie bang moet wees vir misdadigers nie, maar dat die misdadigers moet bang wees vir die gemeenskap. Gemeenskap betrokkenheid is een van die belangrikste aspekte in misdaadvoorkoming!
Skakel gerus met die Verkenners as u meer betrokke wil raak in misdaadvoorkoming. Daar is altyd ‘n tekort aan hulpmiddels, geld en logistieke bystand. Raak betrokke en bekamp misdaad so in jou omgewing!
No comments:
Post a Comment