Donkerhoek Verkenners

Donkerhoek Verkenners

Thursday, February 17, 2011

Die Afrikaner se reg tot selfbeskikking

Die jongste uitspraak van Mnr. Jacob Zuma m.b.t. ‘n Afrikaner tuiste, gaan beslis debat rondom die kwessie van selfbeskikking vir die Afrikaner ontlok. Die Verkenners Beweging van Suid-Afrika verwelkom hierdie debat. Wat die Verkenners Beweging egter nie verwelkom is Mnr. se aanmatigheid dat hy nou namens die Afrikaner kan besluit waar hulle tuiste is. Mnr Zuma vergeet, of is moontlik onbewus, dat elke volk op aarde in gevolge die volkereg, het die reg tot selfbeskikking, ook die Afrikaner volk. Dit is verder elke volk se eie besluit of hulle wil vry wees en nie die besluit van een of ander regime se hoofman of leier nie. Selfs daardie persone binne ‘n volk wat nie hulle eie tuiste wil he nie, kan nie namens die vryheidstrewende gedeelte van die volk besluit of hulle wel geregtig is op hulle eie tuiste al dan nie.

Mnr. Zuma is reg dat daar geen liggaam is wat ‘n mandaat het om  daardie Afrikaners wat na ‘n eie tuiste streef te  verteenwoordig nie. Nog nie, want die Afrikaners wat streef na ‘n eie tuiste is wel besig om ‘n verkiesing te reël onder die bekwame hand van die Volksraad Verkiesings Kommissie. Mnr. Zuma moet egter kennis neem dat die blote feit dat hierdie Volksraad nog nie verkies is nie, nie vir hom skielik die reg gee om namens die Afrikaner te wil besluit waar die Afrikaner se tuiste is nie. Die Afrikaner sal op ‘n demokratiese wyse ons eie Volksraad verkies. Hierdie Volksraad sal ‘n mandaat he om namens die Afrikaner, ons vryheid op te eis. Die grondwet van Mnr. Zuma se regering maak voorsiening vir selfbeskikking in Artikel 235. Hierdie jongste uitlating van Mnr. Zuma skep die indruk dat hy homself bo die grondwet van sy eie regime plaas.

Mnr. Zuma se uitlating dat die Afrikaner nie ‘n Orania kan skep nie, is net so teenstrydig met sy grondwet en kan selfs as rassisties beskou word, aangesien hy hierdie reg kondoneer vir die Zoeloes, Vendas en Xhosas, maar die volk waarna hy verwys as die enigste blanke stam van Afrika, vir hulle wil hy ‘n verbod plaas op hierdie reg.

In tussen sal die Verkenners Beweging van Suid-Afrika onverpoosd die verkiesing wat deur die VVK gereël word hierdie jaar steun en ondersteun. Sodat die vryheidstrewende Afrikaner vir homself ‘n Volksraad kan kies. Sodat hierdie Volksraad ‘n eis op selfbeskikking by Mnr. Zuma se regime kan instel en indien Mnr. Zuma steeds van die oortuiging is dat die Afrikaner geen reg het tot selfbeskikking nie, sal daardie Volksraad hulle beroep op die Volkereg. Die feit bly staan, ‘n gedeelte van die Afrikanervolk is moeg vir die onderdrukking en is op pad na selfbeskikking in ‘n eie begrensde grond gebied.


Ben Geldenhuys
President
Verkenners Beweging van Suid-Afrika

Wednesday, February 16, 2011

Hoekom by VVK registreer?

Volksgenote is nog baie onseker oor hoekom hulle moet registreer vir die komende Volksraad verkiesing as kieser.

Baie netjiese video wat die hele motivering en proses verduidelik.

Deel 1

 

Deel 2


Thursday, February 10, 2011

Verkenners en omgewingsake

 Die Verkenners op Donkerhoek hou hulself nie net besig met volksake nie, maar ook met omgewing sake.  Op die 9de Februarie het die Verkenners na werk bymekaargekom en die gehaate "Pom-Poms" wat verklaarde onkruid is, uitgeroei op die Verkenners se plaas ook bekend as die "Die Pos".
 'n Bakkie vrag vol van die Pom-Poms is gesny en gif gespuit.  Oud en jonk het gehelp met die taak.


 Soos dit Verkenner betaam, het ons natuurlik na die tyd gesellig verkeer en die RVB vrouens het gesorg vir iets te ete.

Wat 'n voorreg om deel te wees van 'n span wenners!

Wednesday, February 9, 2011

VVK Registrasiedag 5 Feb 2011

Die Donkerhoek Verkenners het weereens ‘n uiters suksesvolle VVK registrasie dag aangebied.  Na een op Kleinfontein het almal gemeen dit is maklik om volksgenote te registreer op Kleinfontein, maar in die stad sal dit moeilik gaan.
Kenmerkend aan die Verkenners hou ons van ‘n uitdaging.  ‘n Registrasie dag is gereël in die Ooste van Pretoria die 5de Februarie.
Honderde mense het die dag daar geregistreer.  Tesame met die Republikeinse Vroue Beweging is daar gereël vir kos, sangers ens.
Tydens die OVK se registrasie dae oor dieselfde naweek het daar gemiddeld net 19 kiesers geregistreer per registrasie punt.  Dit maak die registrasie dag ‘n uiters suksesvolle dag!

Republikeinse Vroue Beweging


‘n Paar wakker dames….
Toe dit enigsins voel of hul teruggehou word, terwyl hulle met opgeboude energie in die wegspringblokke hurk…. toe word die Republikeinse Vroue Beweging gebore!
4 Desember op Paardekraal feesterrein trek ‘n handjievol vroue saam om hierdie dinamiese nuwe beweging in die lewe te roep. Na ‘n paar e-posse rondgevlieg het in die komende dae, besluit ons dat die “Republikeinse vroue beweging” alles sê wat ons is..
Oor die leuse was daar van die begin af eenstemmigheid: Kaalvoet as ons moet.
Kort daarna word 2 takke gestig: RVB Paardekraal en RVB Donkerhoek.

RVB Donkerhoek (voor 7 Januarie vanjaar was almal by Aksie vrouekrag betrokke), gaan op 5 Februarie ons staal wys. Met die inisiatief  van die Verkenners van Donkerhoek, gaan daar een massiewe VVK registrasiedag gehou word in Moreletapark in die ooste van Pretoria. Alle Verkenner-poste, die HNP, Registrasiebeamptes van die VVK en ‘n paar vrywillige gaskunstenaars gaan sorg vir ‘n heerlike saamkuierdag op die hoek van Villa Boise en Witdoringstrate. En wie gaan sorg vir die innerlike versterkings? RVB Donkerhoek natuurlik!!!   Kaalvoet as ons moet!!!

Soos een vrou doen ons, beweeg ons, werk ons….
(Natuurlik met ‘n paar stringe kindertjies op ons hakke).

                                     


Wat is die RVB Donkerhoek?

Dit is ‘n kultuurorganisasie vir dames in die Donkerhoek-streek of verder…
Dit is gewone vroue - met of sonder kinders, met of sonder man, met of sonder spiere…
Die meeste is opgelei in noodhulp. Die res gaan nog leer…
Almal het selfverdedigingskursusse gedoen. Of liewer aanvalstegnieke as dit moet…
Ons kan bak (of brou), ons kan kook (of kou), ons kan werk, of speel, of lag (en huil)….! Ons ondersteun die Verkenners (al moet ons in die middel van die nag vir hul koffie gee).
Ons almal streef na VRYHEID met ons Christelike beginsels as riglyne.
Ons is tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee.


Bestuur van RVB Donkerhoek

Voorsitster: Aliena Beyers
Sekretaresse: Anneke Geldenhuys
Penningmeester: Anita Schutte

You must change - you ANC!



Die ondersoekbeampte van Boschkop Polisiestasie wat 3 van die Donkerhoek Verkenners al in die tronk gestop het en gedreig het dat hulle weer Kersfees in die tronk sal deurbring self gearresteer en in die tronk!  
Inspekteur Sibiya is al ‘n paar keer deur die Verkenners betrap waar hy op die grondpaaie met ligte af ry en verdag lyk.  Die laaste keer het die swart inspekteur verskriklik tekere gegaan oor hy nie ordentlik gegroet was nie!  Na die tyd hoor ons dat hy eintlik daar gestaan en wag het op sy informant, dronklap Wessel Burger!
Sibuya is nie lank daarna gearresteer deur die Valke vir gewapende roof by juweliersware.  By een van die gevalle is die wit eienaar trompop doodgeskiet! 
Na al die dreigemente dat van ons Verkenners in die tronk gaan slaap, slaap die ANC skelm toe die Kersfees in die tronk.
Daar is al ‘n hele ruk bespiegel deur die Verkenners dat Wessel Burger wat woonagtig is op die hoewes van Kleinfontein, ‘n betaalde informant vir die polisie is.  Nou wonder die Verkenners of die Suiplap Wessel Burger nie deel was van die hele siek vrot spul nie!  In tussentyd het KBK vir die suiplap kennis gegee om KBK gronde te verlaat.  Hy het dit teëgestaan met ‘n dringende Hooggeregshof aansoek.  En ja...die Verkenners was daar met hul regspan.
 
Wat ons beskou as ‘n wen, het die Hooggeregshof die saak van die rol geskrap met geen koste bevel.  Burger moet nou maar self sy swart regs-maatjies betaal!  Ons wonder nog steeds waar kry hy al die geld? Sibuya?
Het Kleinfontein sulke plakkers nodig wat Hooggeregshof bevele maak met die hulp van swart verteenwoordigers? 
Wil die Kleinfontein gemeenskap so iemand in sy midde hê?  SEKERLIK NEE!
 Met ‘n misdaad geskiedenis van 2 bladsye lank o.a. van Moord, dink die Verkenners Burger kan gerus saam met Sibuya in die tronk gaan bly!
Sibuya het gereeld vir van die Verkenners gesê:  “You AWB... You must change!”
Vandag sê ons vir Burger :
You ANC...  You must Change!