Media Verklaring
2 Maart 2011
Verkenners en samewerking met Vroue Organisasies
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika sal soos in die verlede steeds saam met Aksie Vroue Krag werk om wedersydse ondersteuning te bied op alle terreine. Die ondersteuning wat die Verkenners by die naweek se Majuba fees gebied het getuig hiervan. Daar is ook besluit om ’n samewerkingsooreenkoms te sluit met die nuut gestigte Vroue organisasie, die Republikeinse Vroue Beweging.
Die Verkenners sien daarna uit om hande te vat met die vroue organisasies van die volk om saam die pad na volksvryheid te stap.
Alwyn de Klerk
Nasionale Sekretaris: Verkenners Beweging van S.A.